Sunday, June 20, 2010

Ons is terug/Hemos vuelto





Ek was oor die afgelope tyd baie meer afwesig as wat ek wou gewees het, maar ek en Ingrid probeer nou op datum kom so wees voorbereid vir klomp lang "posts".

Ek gaan nie meer veel skryf oor Suid-Afrika nie alhoewel ek nog meer sou wou sê. Ek sal egter klomp fotos opsit en julle is welkom om baie vrae te vra oor die plekke wat ons besoek het. Ek dink in elk geval dat die fotos 'n baie beter idee kan gee van hoe mooi die plekke daar was.

Na ons van Suid-Afrika af teruggekom het, het ons vir 'n week in Windhoek gebly en baie baie tennis gekyk. Dit was Franse Ope en as daar tennis op die televisie is, is daar nie veel tyd vir iets anders nie. Dit was ook tyd vir ons om bietjie te rus, want in Suid-Afrika het ons nie baie gerus nie omdat ons so baie plekke besoek het.

Die naweek daarna het ons gery om te gaan kamp in Etosha, een van die grootste wildparke in die wêreld. Daar het ons gebly vir drie nagte en dit was cool om weer te kamp vir die eerste keer in 'n baie lang tyd. Etosha is een van my gunsteling plekke in Namibië en die watergat waar ons gekamp het is 'n uitstekende plek om baie diere te sien. Ons het ontsettend baie zebras, springbokke, en blouwildebeeste gesien en relatief baie renosters, kameelperde, olifante en gemsbokke. Die laaste aand het ons een leeu gesien, maar die beste oomblik in Etosha was toe twee groot olifante niks meer as 2 meter van ons af kom staan en vreet het nie. Ons kon klomp goeie fotos neem. Ek wonder partykeer hoekom mense net hierdie diere skiet vir genot.

Na ons drie nagte in Okaukeujo (die naam van die kamp waar ons geslaap het) deurgebring het, het ons Noord gery deur Etosha en by die ander kampe (Halali en Namutoni) se watergate aangegaan om te kyk of ons nog diere sien. Daardie nag het ons toe by Tsintsabis gaan kamp vir een nag omdat dit omtrent halfpad tussen Etosha en Nunda was waar ons volgende sou kamp. Ek het al vergeet om te sê dat ons saam met my pa se suster (tannie Marianne) en haar familie gekamp het. Hulle is altyd lekker geselskap en ons gesinne is baie die selfde. Hulle het in Tsintsabis by ons kom aansluit en van daar af na Nunda saam met ons gery. Nunda is 'n kampeerplek op die Kavango rivier en mens sien en hoor die heeltyd die seekoeie wat in die rivier bly.

Dit was baie lekker om weer so baie van Namibië se natuur te kan sien. Mens kan dit net elke keer van voor af wardeer en veral in die noorde van Nambië is die natuur baie onaangeraak en kan 'n mens sien hoe die natuur op sy eie werk. Ek wou nie eintlik terugkom nie! Dit is 'n spesiale gevoel om so elke aand in jou tent te gaan inklim en die volgende oggend met al die geluide van die natuur wakker te word.

No he estado escribiendo tanto como quería pero en este momento Ingrid y yo estamos intentando poner a vosotros al corriente de lo que hemos estado haciendo.

Ya no escribiré más sobre Sudáfrica aunque quería explicar más, pero subiré muchas fotos y podeis preguntar lo que queráis sobre los lugares que visitamos. De todas maneras creo que las fotos pueden dar un idea más clara de los lugares a donde fuimos.

Después de que volvieramos desde Sudáfrica, nos quedamos en Windhoek (donde vivimos) durante una semana y como era el tiempo del Abierto de Francia estuvimos delante de la tele durante bastante tiempo. Además queríamos descansar porque no habíamos descansado mucho en Sudáfrica la semana anterior.

El fin después fuimos de camping en Etosha, uno de los parques nacionales más grande en el mundo. Allí nos quedamos por tres noches y era chulísimo acampar por la primera vez en mucho tiempo. Etosha es uno de mis lugares preferidos en Namibia y el lago artificial que estaba donde acampamos es un lugar donde se puede ver a muchos animales. Vimos a muchísimos cebras, gacelas, ñu azules, rinocerontes, jirafas, elefantes y orix. La última noche vimos a un león, pero el mejor momento fue cuando dos elefantes vinieron para comer no más de dos metros desde donde estuvimos sentados. Pudimos tomar muchísimas fotos buenas. A veces me pregunto como se puede matar a estos animales. Son gigantes pero muy tranquilos.

Después de que nos hubiéramos quedado en Okaukuejo (el lugar donde acampamos), nos fuimos al norte pero viajamos por el resto de Etosha y visitamos a los otros lugares de acampada antes de que nos fueramos de Etosha. Esa noche acampamos en Tsintsabis porque estaba en nuestro camino entre Etosha y Nunda, nuestro destino final. Mi tía (la hermana de mi padre) y su familia quedaron allí con nosotros y fueron a Nunda con nosotros. Siempre me divierto muchísimo con ellos. Son divertidos. Nunda es un lugar de acampada al lado del Rio Kavango y se puede oir y ver a los hipopótamos que viven en el rio en todo momento.

Me encantó ver la naturaleza de Namibia otra vez y me dí cuenta de que preciosa estaba.
Especialmente en el norte del país se puede ver la naturaleza sin que la gente interviene mucho. O sea, se puede ver como funciona la naturaleza sin nada más. No hay ciudades allá y la naturaleza esta conservada. Era una sensación increíble ir a dormir en tu tienda cada noche y despertarte entre el ruido de todos los animales cada día.

Besig om ons tente op te slaan/Montando las tiendas

Die naaste wat ek nog aan ´n olifant was/Lo más cerca que he estado de un elefante

Die watergat by Okaukuejo/El lago artificial en Okaukuejo

Rudolf en Marianne (ons niggie) by Nunda/Rudolf y Marianne (nuestra prima) en Nunda

Ayoba!

2 comments:

  1. pobre elefante....parece viejo eh !

    ReplyDelete
  2. no te preocupes...sólo se bañó y se bañan primero en agua y después en el polvo.

    ReplyDelete